Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 32

Spraakklanke

Оглавление

Spraakklanke dui op die klanke wat uitgespreek word. In Afrikaans word die volgende spraakklanke onderskei:

 By vokale (klinkers) word die lugstroom sonder hindernisse in die asemhalingsorgane deurgelaat, byvoorbeeld: a, e, i, o, u asook oe, ie en eu. (Soen die seun.)

 Diftonge (tweeklanke) is ’n kombinasie van vokale waar die een vokaal sonder onderbreking oorgaan in die klank van ’n ander vokaal, byvoorbeeld: aai, eeu, ooi, ai. Spreek die volgende woord hardop uit en luister of jy die diftong kan hoor: katjie. (K D K V)

 Konsonante (medeklinkers) word gevorm wanneer die lugstroom op een of ander manier verander deur die klank gedeeltelik of heeltemal af te sluit, byvoorbeeld: b, c, d, f, ensovoorts.

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Подняться наверх