Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 43

Bestudeer die boek se agterblad.

Оглавление

4. Die strepieskode en die ISBN . . .

a. Watter inligting is vervat in die strepieskode?

b. Waarom word die strepieskode teen ’n wit agtergrond gedruk?

c. Waar word strepieskodes gebruik?

d. Hoekom het boeke ’n ISBN-kode?

5. Die agterbladteks (blurb) . . .

a. Wat is die doel van die agterbladteks?

b. Kan jy die geslag en ouderdom van die teikengroep volgens hierdie inligting bepaal?

c. Watter verwagtinge skep hierdie teks by die leser?

d. Wie se opinie/mening word hier weerspieël?

e. Sal die agterbladteks die boek effektief bemark?

f. Watter tegnieke sal jy gebruik om hierdie boek te bemark vir byvoorbeeld ’n ouer/jonger teikengroep?

6. Gebruik nou hierdie vrae en inligting en kyk of die illustreerder en uitgewer in hul doel geslaag het met Piekfyn Afrikaans Graad 7 se omslag, rugkant en agterbladteks.


Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Подняться наверх