Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 42

Bestudeer die boekomslag en beantwoord die vrae in julle groepe.

Оглавление

1. Die titel . . .

a. Watter inligting gee die titel oor die inhoud van die boek?

b. Wat suggereer die lettertipe (letterstyl) van die titel?

2. Die name van die samestellers . . .

a. Waarom verskyn die name op die buiteblad?

b. Vergelyk die verhouding tussen die lettergrootte van die titel en die name van die samestellers. Watter een is die belangrikste? Gee ’n rede daarvoor.

3. Die kunswerk (bandontwerp) . . .

a. Wat voorspel die kunswerk van die boek se inhoud?

b. Is dit ’n goeie voorstelling van die inhoud? Verduidelik.

c. Hoekom, dink jy, is illustrasies vir die buiteblad gekies?

d. Lewer kommentaar op die kleure in die kunswerk. Watter effek het dit?

e. Wie is die teikengroep van die boek? Verduidelik jou antwoord.

f. Watter soort genre kan die leser na aanleiding van die bandontwerp verwag?


Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Подняться наверх