Читать книгу Boomkastele - Schalk Schoombie - Страница 11

6

Оглавление

Lees met aandag.

Die President van Argentinië het hierdie prentjie ontvang en dit “gemorspos” genoem.

8 dae later is sy seun dood. ’n Man het hierdie prentjie ontvang & onmiddellik aangestuur na almal wat hy ken. Sy verrassing was om die lotery te wen. Alberto Martinez het hierdie prentjie ontvang, vir sy sekretaresse gegee om afskrifte te maak maar hulle het vergeet om dit te versprei: Sy het haar werk verloor en hy het sy familie verloor.

Hierdie prentjie is wonderbaarlik en heilig.

Jy is gekies om hierdie Novena te ontvang. Die oomblik wat jy dit ontvang, sê:

Ons Vader wat in die Hemel is, geheilig is U naam, laat U koninkryk kom, laat U wil geskied, op die aarde net soos in die hemel, gee ons vandag ons daaglikse brood en vergewe ons ons skulde soos ons ook ons skuldenaars vergewe. Lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose. Amen.

GOD WIL HÊ EK MOET JOU VERTEL, dit sal goed met jou gaan in die jaar wat kom. Maak nie saak hoeveel jou vyande jou probeer onderkry nie, hulle sal nie slaag nie.

Jou lot is so bestem dat jy vanjaar vir seker al jou doelstellings sal bereik.

Vir die res van 2015 sal al jou smarte weggelei word en oorwinning en voorspoed sal jou in oorvloed oorstroom.

Vandag het God die einde van jou swaarkry, lyding en pyn bevestig want HY wat sit op die troon het jou onthou. Hy het die swaarkry weggeneem en jou VREUGDE gegee. Hy sal jou nooit in die steek laat nie.

Ek het vanoggend aan die hemel se deur geklop, God vra my, ‘My kind! Wat kan ek vir jou doen?’ En ek sê, ‘Vader, asseblief beskerm en seën die persoon wat hierdie boodskap lees . . .’

Hierdie is ’n Novena van Moeder Theresa wat in 1952 begin is.

Dit is nog nooit gebreek nie. Binne 48 uur stuur 20 afskrifte (of soveel as wat jy kan – God weet as jy nie 20 mense het om aan te stuur nie . . . dis die gedagte en poging wat tel) aan familie en vriende.

Moenie dit terugstuur aan die person wat dit aan jou gestuur het nie.

Dis ’n kragtige Novena. Kan nie skade doen

nie . . . Kan net help.

Asseblief moet dit nie breek nie.

Boomkastele

Подняться наверх