Читать книгу Boomkastele - Schalk Schoombie - Страница 9

4

Оглавление

Hallo

Ek is Mou Xinsheng, ek is jammer vir die ongesolisiteerde e-pos aan jou, maar ek wil hê jy moet dit ernstig opneem en Konfidensieel omdat ek jou e-pos adres deur die China Gids gekry het, betroubare en geloof persoon wat my sal help om fondse te skuif uit ’n bank in Europa na sy/haar land. Ek wil ook hê jy moet weet hierdie transaksie is 100% risiko vry/veilig/wettig.

Dit sou groot verrassings wees vir jou om sulke e-pos te kry van ’n dienende minister van die Mense se Republiek van China (Minister van Algemene Administrasie van Doeane van die Mense se Republiek van China).

Maar asseblief my verskoon en verstaan ek het nodig ’n vaste geloof/betroubare mens in die westerse wêreld. In my jare van regering diens as Dwelms Beheer Kommissaris en Hoog Amptenaar van Algemene Administrasie van Doeane het ek baie Bonus en Ekstras gekry van Smokkelaars en Besigheids mense wat Gunsies soek van my. As ’n Publieke Offisier my

bank rekeninge word gemonitor en daarom ek wil die fondse $30 000 000 (Dertig Miljoen US dollars) oordra vir veilig bewaar oorsee.

Ek wil hê jy moet die geld kry wat in deposito was van 2004 in ’n bank in Europa. Asseblief sal jy dormante rekening aktiveer in Europa. Die bank sal fondse van jou nodig het om hierdie rekening aktiveer, sodat hulle $30 Miljoen US Dollars kan oorplaas na jou rekening in Jou land wat my prokureur in jou name sal deposito as die Begunstigde. Ek sal 20% van die geld gebruik vir weggee om te help vir weeshuis van my keuse. Jy sal kry 40% as jou Kommissie, en ek sal kry 40% wat oorbly as ek sal reis na jou land. My plan is woon in jou land as alles loop soos ooreenkoms.

Ek moet jou Naam weet jou Kontak Nommer jou Foon Nommer. Oorweeg dit gou. Jou lewe verander nou. Dis belangrik dat jy die informasie absoluut Konfidensieel hou. Ons geloof mekaar. Ek sien uit na jou respons. Vir meer informasie, asseblief kontak my via epos: mouxinsheng94@yahoo.com.hk

Ek wag vir jou haastige respons

Best Wense,

Mnr. Mou en Familie

Dis duidelik dat die vertaler gepoog het om die skryfstyl, persoonlikheid, stemtoon, woordkeuse en algemene onbeholpenheid met taal te behou, ’n aanduiding dat die oorspronklike skrywer probeer het om soos ’n Chinees te klink en foute van grammatika, sinskonstruksie en beklemtoning te maak soos die skrywer glo ’n Oosterling sou begaan. ’n Opsetlike, besonder gesofistikeerde en slinkse benadering om die korrespondensie eg te laat aandoen?

Boomkastele

Подняться наверх