Читать книгу Karnaval en lent - T.T. Cloete - Страница 15

ekologie

Оглавление

ons die uitgeteerde arm hongeriges dra

in groot getalle groot getalle sakke vol

eiers weg van die seeskilpaaie

op die strande van afrika en costa rica

aanhoudend en pynlik knaag

ons met ’n harde geëmaljeerde blink tand

aan die harde vraag

’n blink harde been

skilpad of mens

om wie se oorlewing gaan dit op ’n aarde

wat regeer word uit ’n vol of leë spens

Karnaval en lent

Подняться наверх