Читать книгу Karnaval en lent - T.T. Cloete - Страница 19

Оглавление

die X van involusie en evolusie

The very idea of the universe having a center is anathema . . .

there were no special locations, such as a center.

– D. Russell Humphreys: The Battle for the Cosmic Center

my naam is Alexander die Supertramp

ek het die wildernis in gedros ná Maria dié aand

dié rein verse vir my voorgelees het

Wie is het, die zoo hoogh gezeten,

Zoo diep in ’t grondelooze licht,

Van tyt noch eeuwigheit gemeten,

Noch ronden, zonder tegenwicht,

By zich bestaet, geen steun van buiten

Ontleent, maer op zich zelven rust,

En in zyn wezen kan besluiten

Wat om en in hem, onbewust

Van wancken, draeit, en wort gedreven,

Om ’t een en eenigh middelpunt . . .

Dat’s GODT . . .

Buiten Godt is ’t nergens veiligh . . .

. . . ’n stem uit daar-Buite skreeu terug

in my ander oor

van Vondel wat teensinnig toegee

van ’n groter wyer en magtig flikkerende kring

buite die fluoressente Imperium waar God woon

’n giftige velling buite om

die heilige velling

soos die kleurryke ringe om saturnus –

ver bo my nietige vuurmaakplek

die lig van my berookte slons maak my bysiende

daarná sing Maria vir my ’n skor outydse gesang

in Afrikaans

middelpunt van ons verlange

trooster van ons bang gemoed

nou sing ’n stem wat twis en teister saam

van Buite

ek stut my elmboog op my knie

die ronding van my voorhoof soek beskerming

in die stom bang holte van my hand

wie soek na troos is weerloos

die angs flikker en brand ’n bres

deur my wering

kan die gedig lieg?

is swyg dom onderdanigheid?

is uitpraat en uitvra ’n elfde verbod?

as alles tuimel

menslyke ingesluit

in siklone en alles oorspoel word

in aardbewings in vlamme opgaan

verseker Sy versekerde vertrouelinge my

wat kerm

dat Hy in beheer is van Homself

van Sy vuur en Sy wind en Sy water

waar is die stil veilige middelpunt

van die orkaan waar ek téénaan dié

Hooggesetene téén dié onbegryplike

Hooggesetene Self kan skuil

was ek maar liefs ’n kleuter

van die bevat

my ivoordakkie kraak van stres . . .

ek kom weer tot verhaal . . .

ná Vondel het Krakatoa gekom

Eyjafjallajökull en Sendai

maar vóór hom was Vesuvius al daar

met sy vlamrooi bulder

wat mense in as versmoor

onhoorbaar ver vir Vondel?

hoe gerieflik om die veilige Heilige

te sien met net een oog

Buite flikker helder sigbaar ’n Teëwig

(ek skrik dit met ’n B en T van angs)

het die misantroop uit eie ontvangenis

selfstandig ontstaan?

voor my in my en rondom my

staan die homo lupus

die homo duplex

skurke het my vrou vermoor

my dogtertjie voor tien verkrag

my bejaarde suster Lettie doodgeslaan

op die vaal dorpie Reitz in die Vrystaat

(ek hoef niks uit my duim te suig nie)

my vriend se kop gesnoer met ’n doringdraad

ons is in alle tye oral op aarde onderwerp aan monsters

met mooi bedrieglik vleiende name:

die Gesel Gods wat God bespot die

Keiser

Tsaar

Premier

Vlam van God wat God bespot

Verteenwoordiger van God wat God bespot

Pous

Vrede-Vors

No. 1

pasgebore babas word lewendig weggegooi

in vulliskonkas en lyke van verkragte kleuters

word weggesteek in vrieskaste

deur die Teëwig van daar-Buite

wat monsters maak

van God se kinders?

Karnaval en lent

Подняться наверх