Читать книгу Karnaval en lent - T.T. Cloete - Страница 8

Оглавление

kat

batter my heart, three-person’d God – John Donne

ek vra vergifnis omdat ek die onreine

in my pynlike peins

saam met die spartelende vis indra

ek is lewenslank gepla

met die uitputtende

onuitputlike

drie

die heilige

’n gladde

vis en sku

mense

nietig en nederig hooghartig

bestem vir liefde en vir moord

die Teëwig

teenoor God

wat hom nie in my

laat doodswyg nie

Karnaval en lent

Подняться наверх