Читать книгу Karnaval en lent - T.T. Cloete - Страница 17

twee soorte honger

Оглавление

hulle rek die onrustige oë

oop vir die eweredige patrone op die luiperdvel

die ballet van ’n kraanvoël

die danse van die by vir geel soet heuning

gee die liggaam prys vir dodelike opwinding

ontplof uitdagend gewillig in die Challenger

op pad sterre toe en sterf binne-in die hemel

breek in die geheime kamers van die Afwesige

Aanwesige in

Amundsen eet vir die avontuur sleehondevleis

om eerste op die suidpool te gaan staan

Scott eet sy sleedonkies

sterf uitgeput en honger

’n handreik van sy blikkiesvleis

in sy voorraadhut af

Livingstone se maag lê in Engeland

maar sy hart is in Afrika begrawe

die Neanderthalers het van tuisbly uitgesterf

die Marco Polo’s oorleef in ons kakelbont

gekoekte werklikheid

Karnaval en lent

Подняться наверх