Читать книгу Karnaval en lent - T.T. Cloete - Страница 9

die eerste maaltyd

Оглавление

ons suig ons vroegste eerste krag

uit die lyfbrou van ons moeders

deur ’n buis van vlees

eet ons ons moeders

ons teer op hulle van binne

soos geitjies hulle weg na buite beur

son toe . . .

ons binnegoed laat ons onverpoosd verslind

van vóór die eerste bloedspoeg tot ons sterf

’n dwingeland as ons later selfstandig

van ons moeders leef

’n tiran waarvoor ons moet werk en swoeg

Karnaval en lent

Подняться наверх