Читать книгу Mede-wete - Antjie Krog - Страница 24

junior

Оглавление

ek sien hom gistraand op skype in sy ma se arms

’n blonde klein harp ’n beek blou-oog lig wat kietel

en lier en in vriendelik-snaarplukkende geluidjies talm

ek voel hoe my hart sy flenniewange vlier en dan saamtrek:

wat gaan van hom word dié sjarmerende murmelende heimlike

kind – breekbare klein besie so lieftallig en droesloos opgewek?

(ek is bewus van my diskriminasie –

waarom moet daar altyd iets van seuntjies wórd?)

sal hy moet voel hoe onontkombaar kleurvelligheid glo sit

die verskoonmakende nekknak en gemaaknederige handveeg

aanleer die swerk en swang van geteikende wit?

(ek is bewus van my diskriminasie –

waarom sal ras, soos by sy ouma, dié kleinste se spilpunt word?)

maar ek moet glo dat hy pouses met swart maatjies brood

gaan deel en leer hoe karig wit-alleen klepper – dalk

is hy ons eerste indigene en vol lieftalige akkoord

(ek is bewus van my diskriminasie –

waarom sal hý vrykom van die haat wat diékant toe stort?)

Mede-wete

Подняться наверх