Читать книгу Soekmekaar - Dana Snyman - Страница 19
16. Die stem van die volk?
ОглавлениеSteve is al een wat vir ons Afrikaners opkom. Die ou beesblase wat so kritiek hier op Facebook lewer en nie van hom hou nie is rugraatloos en papirds. Kan iemand asseblief Steve Hofmeyr tshirts by die rugby verkoop. Dit sal moers nice wees om al die hemde met Steve se gesig op loftus te sien. Dit het te ver gegaan. Te veel mense het wreed met hul lewe betaal. Go Steve! Het jy meer vertroue in Steve as in God! Ek hou ook baie van hom en love Afrikaans en sy musiek maar rerig. Nee ons vertroue nie meer in Steve maar God het hom vir ons gestuur om ons te help En ons staan net saam Steve en ons is daar om hom by te staan en om te wees ons glo in hom en dat God hom ook sal help om ons te help want ons gaan nou vir God en vir Steve nodig he om ons land te red. Amen! Dit beteken nie hy is so goed net omdat hy die massas se eierstokke so laat ontplof nie. Ek het geen hoop meer nie. Ons moet ons land terugvat. Kan net dink hoe hard die manne en vroue daar by Bloeddrivier geveg het. Jong seuns van 12 wat die geweer moes opneem. Kyk ek om my rond hang hul broeke onder hul anusse en hul kepsies is agterstevoor. Dan dra die helfte van hiri sogenaamde manne nog vroueklere en grimering. Ag behoede ons tog. Waar is die jong manne met durf soos die ouens van die 60s en 70s soos ons hul geken het. Stokoud of dood of landuit. Wie gaan ons nou beskerm. Ry maar daar by Kirlany gardens en De Noon. Daar het derduisende plakkershutte opgespring. Steve wil jy nie jou eie dorp begin nie? Jaaaaaaaa fok asb tog dan maak ons Steve burgermeester. Mense, mede Afrikaners, moet julle sulke kras en lelike taal gebruik, al ooit gedink dat sussie em boetie partykeer met mamma en pappa se selfoon speel em dit alles lees, en al die gekruide tale wat so vrylik gebruik word, laat ons afrikaanse volkie ook nie baie goed lyk nie. Behou deur alles sleg wat gebeur, net bietjie waardigheid. En wys julle is beter as sekeres opgevoed. Ek weet van iemand wat verkrag gemartel keel afgesny is. Haar lugpyp uitgeruk. Waarheen? Dinge vererger by die dag. Wys my watter regerende party in Afrika het ooit ’n ander volk se taal en geskiedenis laat voort leef? Hulle sal nie want hulle wil dit juis uitwis. Hulle soek vergeldin. Hulle haat ons. Ek vertel my kinders waar hulle vandaan kom. Ek sorg dat ons kultuur voort leef in my huis want nie eens in die skool leer my kinders dit nie. Dis ek wat poësie en letterkunde sal laat voort leef. As ons Die Stem en die ou landsvlag moet begrawe, moet hulle ophou om apartheid die skuld vir alles te gee. Ons almal wil eintlik net vrede hê en uitgelos word. Sies vir jou wat jou rug op die moord en marteling van die onskuldige kinders en bejaarde blankes draai. Die begin van die Rebellie is op hande!