Читать книгу Kokkedoor - Errieda du Toit - Страница 25

Оглавление

Ontmoet die kokkedore

WENNERS

Die twintig kokke wat tot hierdie kookboek bygedra het, het die reis na hul kosbestemming aangepak met familieresepte in die tas, onthou in die hart en ’n groot aptyt vir kombuisavonture.

Prins Albert, die pragtige ou dorpie waar hulle ’n Karoo-storm losgekook het, het by die 21ste eeu aangepas en steeds sy nostalgiese karakter behou. ’n Groot inspirasie vir die Kokkedoor-manier van kook.

Die Kokkedore nooi jou om saam te bak en brou in die Kokkedoorstoor met sy weerhaan, Karootuin, baie kombuise, volgelaaide spens en lang tafel.

Mynhardt Joubert: Mynhardt het grootgeword in die Vrystaat tussen ooms en tannies wat alewig aan die kook was. Hy woon nou op ’n plaas naby Malmesbury, waar hy sy funksie-koördinerings-onderneming Moerby Kultuur bedryf. Hy onthou die speelgoedstofie in die kleuterkool. Toe al was sy gunsteling-sêding: “En nou vir die kruie en speserye!”

“Gee witwortel ’n kans – braai dit saggies met heuning en tiemie. Geur kos natuurlik, gooi weg die geurmiddels in pakkies, gebruik wat jy om jou het, hou hoenders aan, plant ’n kombuistuin, pluk waar jy gaan, lees en luister na mense wat weet.”

Tiaan Langenegger: Dié jong sjef van Stellebosch kon al witsous en pannekoek maak nog voor hy by die stoof kon bykom. Sy passie vir kos kom van sy ma en ouma af. Op 26 het Tiaan die Unilever Food Solutions se Sjef van die Jaar 2012 gewen en was hy Sunday Times se Jong Sjef van die Jaar.

“My idee van ’n Sondagmaal is platbrood oor die vuur met dun snytjies braaivleis, fetakaas en pesto. Ook heel vis oor die kole met kruie, kersietamaties, murgpampoentjies en parmesaankaas. Nagereg? My ma se appeltert met tuisgemaakte vla en roomys.” Dis oor sy ouma wat hy vir Kokkedoor wou inskryf. “Om haar resepte nuwe lewe te kan gee, maak haar so trots.”


Kokkedoor

Подняться наверх