Читать книгу Best Books Studiewerkgids: My Japan - Hettie van Zyl - Страница 11

Japan: Agtergrond en kaart

Оглавление

Foto: Die Japannese see © Martine Oger [Dreamstime.com]

Japan bestaan uit vier hoofeilande – Hokkaido, Honsjoe (Honshu), Sjikokoe (Shikoku) en Kjoesjoe (Kyushu) – en meer as 3 900 kleineres. Honsjoe, die grootste eiland, is die tuiste van sowat 80 persent van die Japannese bevolking. Tokio is die hoofstad van Japan.

Japan is een van die digsbevolkte lande ter wêreld omrede die grootste landoppervlak beslaan word deur berge. In 2006 was daar meer as 123 749 000 inwoners op ’n landoppervlak van 374 744 km². Van die 192 vulkane is 40 nog aktief. Aardbewings vind gereeld plaas en veroorsaak tsoenami’s wat groot skade en lewensverlies tot gevolg het, soos die 2011-tsoenami, wat 15 700 lewens geëis en ’n kernramp tot gevolg gehad het. In die somer veroorsaak tifone baie skade aan ryslande.

Japan het in 1941 die Amerikaanse vloot by Pearl Harbour, Hawaii, gebombardeer. Die VSA het geantwoord met twee atoombomme: Hirosjima op 6 Augustus 1945 (ongeveer 129 558 sterftes), en op 9 Augustus 1945 in Nagasaki (tussen 60 000 en 80 000 sterftes). Ná die Tweede Wêreldoorlog het Japan opgestaan uit die as en is vandag ’n toonaangewende land in die vervaardigingsbedryf.

Best Books Studiewerkgids: My Japan

Подняться наверх