Читать книгу Best Books Studiewerkgids: My Japan - Hettie van Zyl - Страница 3
Hoe om die studiewerkgids te gebruik
ОглавлениеDie Best Books Studiewerkgids: My Japan is so saamgestel dat jy in Graad 11 die nodige literêre kennis kan verwerf en tot begrip van die drama kan kom. Die gids sal jou help om jou voor te berei vir toetse en eksamens.
Afdeling A
Hierdie afdeling bied aan jou agtergrondkennis om jou voor te berei vir die lees van die drama. Belangrike temas wat in die dramateks voorkom, word hier bespreek. Tydens die lees van die drama kan jy dit gebruik as gids om onbekende begrippe te verklaar.
Afdeling B
Kort opsommings, verklarings van onbekende woorde en kontekstuele vrae word in dié afdeling aangebied. Die bladsynommers en spreekbeurte verwys na die dramateks wat voorgeskryf is vir Graad 11 Huistaal (HT). Afdeling A en D kan gebruik word as naslaangids om te help met die beantwoording van die vrae.
Afdeling C
In hierdie afdeling gaan jy leer hoe om ’n opstelvraag te beantwoord. Die werkkaart/tabel in hierdie afdeling sal jou help om die belangrikste inligting te memoriseer en voorberei om die opstelvraag te beantwoord. Wenke en eksamenhulp word ook hier aangebied. Daar is ’n voorbeeld van ’n opstelvraag en ook tien ander opsteltipe vrae wat jy kan uitwerk. Jy kan belangrike inligting in afdeling A en D naslaan en gebruik in opstelvrae.
Afdeling D
Hierdie afdeling se doelwit is om die drama jou te ontsluit en die literêre kennis van toepassing te maak op die drama My Japan.
Afdeling E
Gebruik die konsepvraestel vir eksamenvoorbereiding.
Afdeling F
Belangrike begrippe is hier kortliks opgesom met voorbeelde uit die dramateks vir vaslegging. Maak seker jy ken die terminologie.
Die samesteller en uitgewer