Читать книгу Best Books Studiewerkgids: My Japan - Hettie van Zyl - Страница 17
Japannese mitologie (Intertekstualiteit)
ОглавлениеJapannese mitologie spruit uit Boeddhisme en Sjintoïsme asook volkgelowe in sekere streke van Japan. Daar word geglo dat die eerste gode gedurende die skepping verskyn het en dit word Kotoamatsukami genoem. Later het hierdie sewe generasies van gode, die kami-geeste (Kamiyonanayo), te voorskyn gekom en die hemel en die aarde het toe ontstaan.
Die son speel ’n belangrike rol in die Japannese mitologie en geloof. Daar word geglo dat charismatiese Japannese keisers direkte afstammelinge van die songodin, Amaterasu, is.