Читать книгу Best Books Studiewerkgids: My Japan - Hettie van Zyl - Страница 15
Gotham City
ОглавлениеFoto: Gotham Bay. © Olivpark. [Dreamstime.com]
Gotham City is ’n Amerikaanse stad wat bekend staan as die tuiste van die held, Batman. Die stad is egter bloot fiksie en bestaan nie regtig nie (dit is al van 1940 bekend). Die gebeure in Batman-strokiesverhale, -flieks, -televisie-reekse en -videospeletjies vind plaas in die stad van Gotham, of soos dit beter bekend staan, Gotham City.
Die mitologiese stad het ontstaan nadat ’n bose towenaar millenniums gelede lewend verbrand het op die plek waar Gotham sou ontstaan. Daar word vertel dat die towenaar die grond met sy bose siel besoedel het. Die gees wat opgewek is, is Dokter Gotham genoem. Die bose gees neem dan besit van die inwoners se siele en veroorsaak diaboliese bedrywighede.
Gotham City word gekenmerk deur alles wat boos is. In die Batman-flieks en Gotham-televisiereeks is daar die helde soos Batman, Tim Drake en Batwoman wat misdaad beveg. Dan is daar die skurke soos die mafiabase en ongure karakters soos The Joker, Harley Quinn, The Ridler, Penquin, Poison Ivy, Two-Face, Scarecrow, Bane en nog ander wat verantwoordelik is vir misdaad, moord en korrupsie.
Daar bestaan verskeie weergawes rondom die geskiedenis van Gotham City. Die mees bekende is dat Noorweegse ontdekkingsreisigers die eiland ontdek het en dat dit later deur Brittanje oorgeneem is. Die infrastruktuur van die eiland is tydens ’n oorlog gedurende die Amerikaanse Revolusie verwoes en later weer opgebou deur die Kane-, Crowne-, Cobblepot- en Wayne-families.
Die Wayne-familie het later grootliks beheer oorgeneem. Die eienaar van Wayne Enterprises en sy vrou word vermoor in verdagte omstandighede. Hulle seun, Bruce Wayne, het die hof se uitspraak bevraagteken en die misdadigers probeer van hom ontslae raak.
Arkham Asylum (die Elizabeth Arkham Asylum for the Criminally Insane) is die naam van die inrigting vir sielsiekes in Gotham. Misdadigers wat voorgee dat hulle nie by hulle volle verstand is nie en tronkstraf probeer vryspring, word na die inrigting gestuur, maar dan word hulle werklik sielsiek as gevolg van die ander pasiënte en die verpleegpersoneel. Dis waarom die Grootvlei Inrigting in My Japan ook bekend staan as Gotham City.