Читать книгу Best Books Studiewerkgids: My Japan - Hettie van Zyl - Страница 6
Afdeling A: Agtergrond Biografie: Schalk Schoombie (dramaturg)
ОглавлениеSchalk Schoombie is ’n gebore Pretorianer wat in Kempton Park grootgeword het.
Hy het aan die Universiteit van Pretoria studeer en sy dramagraad in 1979 met lof voltooi. Hy is ’n man van vele talente.
Hy het die volgende toekennings tydens sy roemryke loopbaan ontvang:
Mondi (1994)
ATKV-Mediaveertjie (2009)
Anglo Gold-Ashanti-toekenning (2012)
Hy het al nege dramas geskryf vir die verhoog, radio en televisie. Hy is die skrywer van verhoogwerke soos Liefde, Anna en Gepiekel. Hy het die roman, Boomkastele: ’n sprokie vir ’n stadsmens geskryf (hy is vir hierdie roman op die kortlys vir die Jan Rabie-Rapportprys in 2016 benoem). Hy doen vryskutwerk vir Insig, Rooi Rose, Sarie en Rapport.
Dié dramaturg, akteur, regisseur en joernalis, asook voormalige redakteur van De Kat, is woonagtig te Alberton saam met sy gesin en drie Jack Russells.