Читать книгу Best Books Studiewerkgids: My Japan - Hettie van Zyl - Страница 7
My Japan: Ontstaan van die drama
ОглавлениеMy Japan is geskryf om ’n hartroerende gebeurtenis op skrif te verewig. Die dramaturg het die drama ná die tsoenami in Japan geskryf vir ’n skool se tienertoneel. Hy het in sy verbeelding die groot golf, wat dele van Japan verswelg het, gesien en dit was die teelaarde vir en die ontstaan van My Japan.
Die drama is geskoei op die ervaring van die 2011-tsoenami in Japan, deur ’n onderwyseres wat Engels in Japan onderrig het. Die dramaturg se ervaring in die mediawêreld het bygedra om Mercia, ’n kopieskrywer (copywriter), se karakter te skep.
My Japan was die wenner van die Reza de Wet-Jeugfees, tydens die Vryfees in Bloemfontein in 2012.
Die drama is ook verwerk in ’n hoorspel. RSG se radioteater bied die hoorspel aan op die skakel: http://iono.fm/e/46665. Dit is egter baie belangrik om te onthou dat jy gaan eksamen skryf oor die volledige dramateks en nie oor die hoorspel nie.