Читать книгу Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker - Страница 11
Puberteit
ОглавлениеDie kind in my het stil gesterf
verwaarloos, blind en onbederf
in ’n klein poel stadig weggesink
en iewers in die duisternis verdrink
toe jy onwetend soos ’n dier
nog laggend jou fiesta vier.
Jy het nie met die ru gebaar
die dood voorspel of die gevaar
maar in my slaap sien ek klein hande
en snags die wit vuur van jou tande:
Wonder ek sidderend oor en oor
Het jy die kind in my vermoor . . .?