Читать книгу Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker - Страница 19
Fragment
ОглавлениеOm nege-dertig het ek jou ontmoet
en volgens voorbepaling met die hand gegroet
Wit was die buislig-stilte op die gruis
Geslote in verdriet reeds elke huis.
Die yl gekantel van ’n rafelende wolk
het jou gedagtes soos ’n stem vertolk:
By ons ontmoeting het jy reeds geweet –
Diep in jou oë het jou hart gebreek.