Читать книгу Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker - Страница 13

Offerande

Оглавление

Die kamer sal verander in ’n woud

waarin ek ronddwaal, stom en koud

Ek sal ’n plekkie uitkies as ’n stand

waarop ek jou as offer sal verbrand

Uit hierdie muwwe duisternis en pyn

sal nie vanaand ’n ander lam verskyn.

Ek sal die altaar bou, die vuur aansteek

Hoe lank gelede het my God gespreek?

Jou woorde en jou liefde sal verstyf

en om my sal jou rookvloek stikkend dryf

En tog, my lam, sal Gods lig eendag skyn

oor hierdie stand en teken van ons pyn.

Ingrid Jonker Versamelde Werke

Подняться наверх