Читать книгу Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker - Страница 17

Jy het vir my gesterf . . .

Оглавление

Jy het vir my gesterf sonder my wete

sodat ek jare met gevoude hande en gebede

en preutse oë op ’n herontmoeting hoop

(nog smiddags angeliere vir die woonstel koop)

en my verbeel ek sien in neon-lig

die wit en blou patroon van jou gesig.

Nou weet ek jy is dood en alle bande

geknip met ’n stomp skêr in sagte hande –

die flenters van ons liefde lê verspot

onbruikbaar, vormloos en sonder God

Nou weet ek jy is dood en al my lof

verminder daagliks oor die gruis en stof.

Ingrid Jonker Versamelde Werke

Подняться наверх