Читать книгу Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker - Страница 15
By die Goodwood-tentoonstelling
ОглавлениеHul het my uitgekies en ingetroon
tot hierdie tronk waarin ek woon
waarom hul daagliks, vry nog, gaan
en nie my stom kreet kan verstaan
’n Eerste Prys hang om my nek
maar saans verlang ek halfpad gek
terug na die kudde, weg van hul lof
na die Karoo-veld en die stof
waar ek nog trots teen die aandwind staan
een van die duisende sonder naam,
Sonder die juk van die roem of die dors
en die Eerste Prys op my bors.