Читать книгу Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker - Страница 14
Man en vrou
ОглавлениеBy vriende is ons goeie kritici
oor Boesmankuns, Picasso en Medici
maar ons is stil wanneer ons saam
oor skottelgoed en opwaswater staan
Ek word nog van ’n jonger man bewus
wanneer ons smiddags op besoek uit is
Ek wil sy hande en sy mond aanraak
die somer in sy oë sien ontwaak . . .
Maar by die huis gooi ek my lyfband neer
en gaan die kinders in die straat aankeer
En eindelik ontwar ek Sondagnag
die antwoord waarop ek al huiwerend wag
toe ek gelate in jou arms rus –
dat ek noodwendig altyd onbewus
van jou deur alle jare sal moet wees
want ons is een, een liggaam en een gees.