Читать книгу Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker - Страница 16
Gabriël
ОглавлениеJy daal deur dakke, skoorstene en krotte
en skrik my skielik op uit teruggetrokke
drome, uit die vergeefse en geheime klug
Jy ruk my tot jou dooie liggaam terug.
Ek kon in die vertedering versink
eerdat jy my berekenend vermink
want vroom sing jy vir my ’n sagte lied
maar in jou hande hou jy my verdriet.
Jy is die skaduwee, die nag wat dros
Jy is die spook, jy is die tokkelos!