Читать книгу Die dao van Daan van der Walt - Lodewyk G. du Plessis - Страница 19

Оглавление

Die Tempel van Ewige Vrede,

Longshan,

China.

4 Maart

Liewe Magrieta,

My geskiedenis word by die dag ’n groter verleentheid vir my.

Ek het vandag geskryf hoe ek Sannie Coetsee en haar nuwe kêrel een aand in ’n restaurant in Kaapstad raakgeloop het. Ek en ’n vriend was besig om te eet toe sy daar aangesit kom.

Vroeër die aand in dieselfde restaurant het ’n vrou se parfuum my laat dink aan die keer toe ek ’n meisie langs die Mooirivier agter in haar kar gevry het; ek kon weer sien hoe sy hoendervleis kry, hoor hoe sy na haar asem hyg en voel hoe die fyn haartjies regop staan toe my vingers oor haar maag streel.

Nou wip jy jou weer. Dit het in my jeug gebeur, op universiteit, Magrieta, jare voor ek jou ontmoet het.

Dan skryf ek liewer nie vanaand verder nie.

Jou langslewende eggenoot,

Daan van der Walt

Die dao van Daan van der Walt

Подняться наверх