Читать книгу Deur ruite van die reis - Melanie Grobler - Страница 11
strandhuis
ОглавлениеAs die maan wydoog oor die oggendsee sak
vou die oggendlig om die melkhoutbos
sterk en geweldig die weivelde van die nag wat nou rus
teen die berghange. waar ek skuil tussen ’n paar groot rotse
skryf ek ’n reël aan jou
dan neem ek die kronkelpaadjie huis toe
oorval deur blosende wolke pluk ek slanke riete
lang ure sit ek op die kaartstoel tot die ruimte
oorgeneem word deur die ritseling van die siel
vanoggend sidder ’n hoë wind bokant die strandhuis.
Voor ek my linkerhand uitsteek
om die oggendson nader te wink
omhels die kring van jou afwesigheid my.
Is dít alleenheid
hierdie oopbloei van gedagtes?