Читать книгу Deur ruite van die reis - Melanie Grobler - Страница 19

vir die reisigers

Оглавление

Vandag is die rotse treurig

en die woestyn stil

geen wind net die versengende hitte

rondom die kliprante

geen teken van reën vanjaar

maar die woestynmense wag geduldig

hulle weet van die vinnige wolk

en die grasie van vloeiende water

ons dra die droogte van vlieënde sand

en die leunende wind in ons hart

maar die inskripsies van tyd op ons vel

is ons buffer teen die niet.

Cenotes op die Yucatán-skiereiland.

Deur ruite van die reis

Подняться наверх