Читать книгу Deur ruite van die reis - Melanie Grobler - Страница 9

pied-à-terre

Оглавление

Ons versamel bleekwit skulpoortrekte visbene

vir die blou bak op die geskropte tafel

ons kalk mure, bak brood, stowe lamsboud

versorg die tuin en plant tiemie

die klamte van die middag, koeltes

van die olyfboom, droë reuk van gras

gebare en glimlagte van eilanders se gesigte

rusteloos soos dié van voëls

ons leef in ’n witgekalkte heuwelhuis

met wolke in die agterplaas

ons haal asem en ons asemhaling is

soos die sugte van die wind rondom ons

vir oulaas wil ons die oorblyfsels van ’n uitsig

die blou, die see en die lug, beleef

saam soek ons na reste van die dag

in warm akkers van oker en die roesbruin van klippe

ons wag en wag vir die nag en die as van die vuur

of die gitswart van rotslawa in die maanlig

ons lewe verheerlik en eer die grootsheid

en broosheid van alle aardse oorblyfsels.

Deur ruite van die reis

Подняться наверх