Читать книгу Deur ruite van die reis - Melanie Grobler - Страница 8
argitek
ОглавлениеSoos koraal, half vlees, half klip, staan die skiphuis
in sy hart – maer en lenig, altyd in vervoering
soos die dag toe hy uit die vlamme van sy verbeelding tree
om met swaaiende arms al langs die duine te draf
die intensiteit van sy gedagtes, sy gemoed
gevul met skadulyne en terreine en volumes
wat herinner aan oorlogskepe
draakkoppe wat vlamme spu aan die boë
wyd uitgestrek die louwarm baai
waar die skip om die bog vaar
uit die vuur en drang
klim hy die trap na die tekenkamer
om sy skiphuis op die soutwater van verganklikheid
te teken. dan volg die waansin van die transformasie
as hy, albatros, eers die huis, dan die louwarm baai omsingel
stilte as die seevoël op die draak se kop gaan sit.