Читать книгу Deur ruite van die reis - Melanie Grobler - Страница 15
Medea se rok van vuur
ОглавлениеMy hare hang laag oor die uitgedroogte lyf
skerp dryf die siel die lyf op die skaapvel rond
bang? vra hy. nee, antwoord ek as hy die nagrok lig
die bedsere, die gekneusde boude
deur swere
leer ons die etter van drome verstaan
weet jy, sê hy, hulle het vir jou ’n rok van vuur gemaak
onthou jy hoe Jason se vrou haar rok verbrand het?
jy moet versigtig wees, hulle het vir jou ’n rok gemaak
van gloeiende kole, jy moet sterk wees.
dit was Medea, antwoord ek. Medea het Jason daartoe gedryf.