Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 73
Luisterbegrip
ОглавлениеDie onderhoud tussen twee verslaggewers en dr. Edward gaan een keer aan die klas voorgelees word. Luister mooi sodat jy ’n geheelbeeld van die inhoud kan kry. Jy mag geen aantekeninge maak nie.
Hierna gaan jou onderwyser die vrae saam met die klas deurlees. Dit is belangrik dat jy mooi saamlees en probeer agterkom wat die kerngedagte van elke vraag is. Dit sal jou help om vas te stel wat belangrik is sodat jy weet waarna jy moet oplet wanneer die teks vir ’n tweede keer aan jou voorgelees word.
Wanneer die onderwyser die teks ’n tweede maal aan die klas voorlees, mag jy aantekeninge op ’n aparte stuk papier maak.
Hierna moet jy die vrae skriftelik beantwoord. Jou onderwyser of ’n maat sal dit vir jou assesseer.
Beantwoord die volgende vrae oor die onderhoud in jou werkboek.
1. Skryf die name van die twee joernaliste neer. (2)
2. Dr. Edward het eers onlangs na Suid-Afrika teruggekeer. Waar het hy eers gebly? (1)
3. Wat is die naam van die woonbuurt waar hy nou ingetrek het? (1)
4. Waar was die briewe weggesteek? (1)
5. Dr. Edward wou graag meer oor die huis en eiendom uitvind. Skryf twee vrae neer wat hy moontlik vir homself gevra het. (2)
6. Watter afleiding kan jy maak uit die woorde “Dankie vir die tyd wat u afstaan om met ons te gesels”? (1)
7. Dr. Edward verwys na “geraamtes”. Bedoel hy letterlik dat daar baie dooie mense weggesteek word of bedoel hy dit figuurlik? Verduidelik jou antwoord. (2)
8. Waarom gaan dit moeilik wees om inligting uit die versteekte briewe te kry? (3)
9. Wat, dink jy, het lank gelede hier gebeur? (2)
Totaal: 15 punte