Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 75

Skryf ’n onderhoud in dialoogvorm.

Оглавление

Jy het nou heelwat navorsing oor geheimsinnige en vervalle huise gedoen. Jy het die kans gekry om met een van hierdie huise se vorige inwoners ’n onderhoud te voer.

Stel vyf tot agt vrae op wat jy aan die inwoner wil vra. Laat jou maat dié vrae beantwoord. Skryf dan die vrae en die antwoorde in dialoogvorm oor. Kyk na die volgende voorbeeld van ’n dialoog:

Onderhoudvoerder: Dorothy, wanneer het jy in die huis ingetrek?

Dorothy: Ongeveer twintig jaar terug. Ek was pas getroud.

Hou die volgende in gedagte as jy jou dialoog neerskryf:

 Skryf ’n inleidende gedeelte sodat die leser kan weet wie die inwoner was en wat die persoon se agtergrond of verhaal is. Skryf dit net kortliks neer.

 Na die naam van die persoon kom ’n dubbelpunt. Jou vrae en antwoorde hoef nie tussen aanhalingstekens geskryf te word nie.

 Vra verskillende soorte vrae. Nie net vrae wat ’n “ja” of “nee” as antwoord vereis nie.

 Jou dialooginhoud moet 1 bladsy lank wees.

 Maak gebruik van die stappe van prosesskryf soos verduidelik in Module 1.

 Jou dialoog kan formeel deur jou onderwyser nagesien word.


Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Подняться наверх