Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 83
Skryfwyse – los en vas
ОглавлениеWanneer ’n byvoeglike naamwoord en ’n selfstandige naamwoord een gedagte vorm, word dit vas geskryf. (Kyk voorbeelde aan die regterkant hieronder).
Wanneer ’n byvoeglike naamwoord die funksie het om die selfstandige naamwoord te beskryf, word dit los geskryf. (Kyk voorbeelde aan die linkerkant).
Leer die volgende woorde | |
donker kamer (kamer met swak lig) | donkerkamer (by fotografie) |
geel perske (enige perske wat geel is) | geelperske (soort perske) |
groot mens (mens wat groot gebou is) | grootmens (volwassene) |
in sig (ek kan dit sien) | insig (begrip/verstaan iets) |
lang broek (broek wat lank is) | langbroek (soort kledingstuk) |
wilde bees (bees wat wild is) | wildebees (soort bok) |
2. Kies die regte spelling van die woord tussen hakies. Skryf net die woord in jou werkboek neer.
a. Dit is bykans (sononder/son onder) en tyd vir die uil om te gaan jag.
b. Hy gaan hom nie laat (koudsit/koud sit) deur die skelm nie.
c. Hy gaan nie buite (koud sit/koudsit) nie.
d. Uilspieël het (een dag/eendag) kans om die raaisel te ontrafel.
e. Uilspieël wil (een dag/eendag) Keiser word.
3. In paragraaf 5 lees ons “. . . die laksman bly besig”.
a. Wat is ’n laksman?
b. Wie sal die “raadsmanne” wees wat Uilspieël in die laaste paragraaf byeenroep?
c. Die woord laks kan ook ’n ander betekenis hê. Gebruik die woordeboek om die ander betekenis na te slaan. Wat beteken ’n laks man?
4. Gee nou een woord vir die volgende omskrywings:
a. Die persoon in ’n hof wat uitspraak lewer of jy skuldig is of nie.
b. Die persoon wat jou in die hof verdedig.
c. Die persoon wat die gevangenes in die tronk oppas.
d. ’n Persoon wat altyd grappe maak.
e. ’n Persoon wat verspotte dinge doen.
f. ’n Dom, onnosel vent.
g. ’n Persoon wat allerhande ongewone dinge doen.
5. Hierdie volksverhaal wemel van idiomatiese en figuurlike taalgebruik. Kies die betekenis in kolom B wat by die idioom in kolom A pas.
Kolom AIdiomatiese (figuurlike) taal | Kolom BBetekenis |
a) “swaai jy ook soos ’n biltong in die wind” (par. 10) | Sy tyd van afrekening het aangebreek.Hy is teleurgestel.Hy raak meer opgewonde.Hy word aan die galg gehang.Hy word nie maklik mislei nie.Gooi sy gedagtes so rond en bont.Hy kry sy gedagtes mooi reg.Hy luister na die slaan van die horlosie.Hy raak meer bekommerd.Hy gaan soos ’n stuk dooie vleis in die wind hang, ’n geraamte. |
b) “so maklik te laat koudsit” (par. 13) | |
c) “skommel sy gedagtes so ’n bietjie hot en haar” (par. 13) | |
d) “span sy gedagtes mooi agtermekaar” (par. 16) | |
e) “blink sy oë ’n bietjie helderder, en Uilspieël se lip trek al langer” (par. 26) | |
f) “weet Uilspieël dat sy uur geslaan het” (par. 27) | |
g) “uit die veld geslaan” (par. 32) |
6. Skryf die korrekte vorm van die woorde tussen hakies neer.
a. Die Keiser het maar ’n klein (beloning) gegee.
b. Al die aansoekers kan hulle (lewe) verloor as hulle die drie (vraag) verkeerd beantwoord.
c. Uilspieël was nie so (baie bang) soos die aansoekers nie, hy was (baie koel).
d. Uilspieël se lip was (lang) nadat hy die moeilike vraag gevra het.
e. Net ’n klein (geluk) sal hom red.
7. In die volgende sinne kom heelwat spel- en taalfoute voor. Redigeer die sinne deur die foute reg te stel. Onderstreep die woorde wat reggemaak is.
1. Uilspieël is ’n grap jas wat die lewe nie ernstig opneem nie.
2. Hy probeer egter hard om meer ernstiger te word.
3. Hy sê dat hy wil met die Keiser se dogter trou.
4. Die grappies het al drooër geword, maar die mees netjieste man sal beslis suksesvol wees.
5. Ek wonder of ’n mens klein herinneringkies van hierdie gebeure sal hê.
6. Dit sal seker so wees want hy probeer begreip dat dit die dinge is waarna ’n mens moet oplet.
a. Daar is ’n spelfout in sin 1 gemaak. Stel die fout reg.
b. In sin 2 is die vergrotende trap foutief gebruik. Gee die regte vorm van die woord.
c. In sin 3 is ’n woordordefout begaan. Skryf die sin oor en verbeter die woordorde.
d. Daar is nog twee foute met die trappe van vergelyking in sin 4 gemaak. Skryf die woorde korrek neer.
e. Die verkleiningsvorm in sin 5 is verkeerd. Stel dit reg.
f. In sin 6 is nog ’n spelfout. Verbeter die fout.
g. Daar ontbreek ’n komma in sin 6. Skryf die woord voor die komma en die woord na die komma neer.
Kies die regte antwoord in die volgende reeks vrae.
8. Watter woord se verkleining is verkeerd gespel? Skryf dit reg neer.
a. boodskapper – boodskapperkie
b. koning – koninkie
c. toring – torinkie
d. paleisdak – paleisdakkie
9. Watter een van die volgende woorde is die korrekte verkleiningsvorm van “beloning”?
a. beloningkie
b. beloninkie
c. beloningtjie
d. belonetjie
10. Gee die korrekte klankgreepverdeling vir “verrinneweer”.
a. ver/rin/ne/weer
b. ver/in/ne/weer
c. ve/ri/ne/weer
d. ve/rin/e/weer
11. Drie van die volgende woorde is verkeerd in lettergrepe verdeel. Watter woord is korrek verdeel?
a. Uil/spi/eel
b. Uil/spi/e/ël
c. Uil/spie/ël
d. Uils/pie/el