Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 84
In hierdie aktiwiteit gaan jy
Оглавлениеmeer van volksverhale leer
die doel, teikengroep en trant van ’n teks ondersoek
die hoofgedagte en ondersteunende besonderhede identifiseer
’n dialoog skryf en rolspeel.
Die verhaal “Die uil in die toring” in die vorige aktiwiteit is ’n voorbeeld van ’n volksverhaal. Kom ons ondersoek die kenmerke van so ’n volksverhaal en vind ’n bietjie meer uit oor waar Uilspieël vandaan kom.
Pieter W. Grobbelaar, ’n groot kenner van volksverhale, is in Januarie 2013 oorlede. Lees ’n onderhoud wat voor sy dood met hom gevoer is.