Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 74

Groepbespreking

Оглавление

Dit is duidelik dat dr. Edward gefassineerd is deur die huis se geskiedenis. Daar is baie aangetekende gevalle van mense wat sekere ontdekkings gemaak het.

Hou ’n groepbespreking oor ’n vervalle en geheimsinnige huis in julle omgewing. Gaan doen navorsing oor die geskiedenis van die huis. Deel dan jou navorsing met jou groep.

Onthou die volgende wanneer julle ’n groepbespreking hou.

 Gee erkenning en respekteer jou maats se menings as jy kritiek op hulle menings lewer.

 Verduidelik jou standpunt en lig dit toe met voorbeelde.

 Stel vrae en toon belangstelling in dit wat jou maat sê.

 Waak daarteen om onsensitiewe taal te gebruik.


Groepassessering

Jou onderwyser sal ’n rubriek uitdeel waarvolgens julle mekaar se groepdeelname kan assesseer.

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Подняться наверх