Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 79

Kleinboord Nuus Verdwene skeepsbuit glo gekry

Оглавление

deur Annemie en Linda Lombard



Kleinboord – Kleinboord Nuus se belangstelling in die verhale wat rondom die dood van Dorothy Hendricks vertel word, is geprikkel ná ’n onlangse besoek aan dr. Edward. Dr. Edward het nie te lank gelede nie van Brittanje teruggekeer.

Kleinboord Nuus se verslaggewers het op die saak ingegaan nadat gerugte oor vreemde gebeure van eeue gelede weer begin kop uitsteek het.

Dorothy Hendricks se lewelose liggaam is 250 jaar gelede teen die hange van die Kleinberg gevind. Alhoewel allerhande vreemde verhale rondom haar dood vertel word, kon niemand ooit vasstel wat daardie nag met haar gebeur het nie.

Dr. Edward beweer hy het sekere dokumente gevind. Hierdie dokumente dui daarop dat Dorothy agtergekom het dat daar onderduimshede in die kontrei aan die gang was.

Die polisie het vroeër dié week ’n gebied afgesper nadat mandjies vol juweliersware en muntstukke in ’n grot aan die voet van Kleinberg in ’n geheime grotkamer ontdek is. Gerugte doen die ronde dat dit die buit van ’n Spaanse skip was wat sowat 250 jaar gelede aan die Kaapse kus verdwyn het.

Dr. Edward se “bewysstukke” kan die onsekerhede rondom Dorothy se verdwyning opklaar.

Die polisie wou geen verdere kommentaar lewer op die inligting wat bekend gemaak is nie, aangesien dit die ondersoek in die wiele kan ry.

Beantwoord die vrae.

1. In die naam van die koerant is ’n woord wat dalk ontrond kan word as ’n mens dit verkeerd uitspreek.

a. Skryf die woord en sy ontronde vorm neer. Is daar ’n verskil in betekenis tussen die twee woorde? (1)

b. Maak ’n sin met die ontronde woord om die verskil in betekenis uit te wys. (1)

2. Verdeel die woord “vroeër” in grepe soos jy dit aan die einde van ’n sin sal opbreek. (1)

3. Verdeel die woord “belangstelling” in grepe soos jy dit sal uitspreek. (1)

4. In die opskrif van die koerantberig is twee woorde wat elk ’n diftong het. Skryf die woorde neer en onderstreep die diftonge. (2)

5. Die woord “belangstelling” het twee basisvorme. Skryf hulle neer. (1)

6. Kies die regte antwoord. Die woord “moordsaak” is ’n voorbeeld van ’n . . .

a. afleiding

b. samestelling (1)

7. Skryf voorbeelde van die volgende selfstandige naamwoorde uit die koerantartikel neer.

a. Een eienaam (par. 1)

b. Een soortnaam (par. 2) (2)

8. Skryf die korrekte vorm van die skuinsgedrukte woorde neer. (12)

Dit is a) baie bekend dat Dorothy Hendricks ’n klein b) vrou was. Haar skraal en klein c) liggaam is teen die heel d) verder (oortreffende trap) en e) klein (oortreffende trap) berghang gevind.

Jy f) moet/moed eers oor ’n klein g) heining klim en dan in die skadu van die rotse loop om by haar uit te kom.

’n h) Swerm/Skare bye het naby nes gemaak.

Die i) goud eetgerei is glo met klein j) diamant versier en was k) groot + deel met stof bedek. Hulle is van l) kan nie skat nie waarde.

9. Vorm nuwe woorde van die volgende woorde sodat hulle in die sin pas:

a. As jy ’n lid van ons sportklub wil bly, moet jy jou lidmaatskap (nuut). (1)

b. Dorothy was ’n (kop) persoon wat nie na goeie raad wou luister nie. (1)

c. Deesdae kry Kleinboord baie (besoek). (1)

d. Daar het ’n (navors) gekom wat die briewe wil lees. (1)

e. Dorothy het (sy) vervies vir al die gekonkel wat rondom haar plaasgevind het. (1)

f. Dit was ’n vreemde (gebeur). (1)

g. Die pad na die grot is vol sand en daarom baie (stof). (1)

10. Verduidelik wat met die uitdrukking in die slotsin bedoel word. (1)

Totaal: 30 punte


Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Подняться наверх