Читать книгу Snak - Rouxnette Meiring - Страница 21

Оглавление

17

Kara

Mamma. Sy praat met my, maar ek verstaan nie wat sy sê nie, sy praat ’n vreemde taal. Sy is kalm, sy glimlag: Alles sal uitwerk. Sy is nie in gevaar nie.

Ek is bly, Mamma. Maar hoekom het jy so lank nie met my gepraat nie? Wat moet ek doen? Waar is jy? Wanneer kan ek jou weer sien? Iemand is dood, Mamma. Hy het na my gekyk toe ek seergekry het. Help my onthou …

My gedagtes raak wit soos die gange van die wentelstasie.

Tot iets weer daaraan begin pluk, maar anders as gewoonlik, saggies, soos ’n fluister.

Sproetjies.

Die woord pluk aan my, maar dit maak geen sin nie. Waar kom dit vandaan? Ek is besig om my verstand te verloor!

Ek sit regop in my wit bed in my wit kamer. Doodse stilte. Tog weergalm “Sproetjies” in my ore asof iemand dit werklik gesê het. Waar het ek die woord voorheen gehoor? En wie het dit gesê?

Ek sluit my oë toe my kamerskerm oopgly. Asof ek die woord vir myself kan hou …Totdat ek meer onthou.

Snak

Подняться наверх