Читать книгу Klawerjas - Adam Small - Страница 22
Andante Cantabile
ОглавлениеBy ’n uitvoering ter ere van Leo Tolstoi, van Tsjaikofski
se Strykkwartet no 1 in D majeur opus 11 was
Tolstoi in die gehoor, en ten aanhore van die
andante-beweging het hy gehuil. Waarop – so loop
die storie – Tsjaikofski gesê het hy wis, toe hy Tolstoi
sien huil, dat hy ’n groot werk geskep het.
Hierdie beeld van die groot skrywer en die groot komponis
oorrompel my heeltemal. Dit val binne die kader van
onoortreflik kunssinnige menslikheid.
Ek sê dan ook maar dat wanneer Rosalie my
Groot Liefdesgebed lees, sy bewoë is, met
trane in haar oë. Dan weet ek:
ek het ’n ontroerende gedig geskryf.