Читать книгу Klawerjas - Adam Small - Страница 8
’n Soort chemiese proses
ОглавлениеDie skryf van poësie tref my soms
as ’n soort chemiese proses.
Jy sit ’n woord, ’n frase, ’n reël neer
op papier, en dis ’n klein kern, ’n pit,
wat dan fomenteer, bruis en skuim
met die taal rondom, totdat daar –
dit verstom jou – ’n gedig vorm
en jou papier versier.