Читать книгу Klawerjas - Adam Small - Страница 24
Frappant, sjarmant, pikant
Оглавление’n Ligte, vrolike liefdesvers
vir jou – ’n piksoentjie
uit die blou – vinnig en gou.
Op vyf-en-sestig bly die taal van
jou lyf frappant, jou houding
sjarmant, jou hele geaardheid
pikant
soos die kos wat jy daagliks
vir ons maak
en voorsit met smaak.