Читать книгу Kinders wat moor - André le Roux - Страница 7

2. Kleinkind het verdrink

Оглавление

“Kleinkind lê dood in die dam! Kleinkind lê dood in die dam!”

In Desember 2003 was Isaac Miggels van Blackheath naby Kaapstad vir die Kersvakansie by sy ouma op ’n plaas in Faure. Almal het hom “Kleinkind” genoem omdat hy so tenger was.

Op die plaas het die 8-jarige Kleinkind drie kinders van plaaswerkers ontmoet. Hulle het by ’n plaasdam gespeel, maar stry gekry omdat Kleinkind glo die maatjies se ma’s gevloek het.

Hy is verskeie kere met ’n plank in die gesig geslaan en is gewurg tot die bene in sy keel gekraak het. Hy het sy bewussyn verloor nadat hy met ’n klip teen die kop geslaan is. Sy “maats” het hom in ’n bootjie gelaai en tot in die middel van die dam geroei, waar hulle hom in die water gegooi het.

Die volgende dag is na Kleinkind gesoek. Een van die aanvallers het vir sy kleiner boetie vertel Kleinkind het verdrink. Die drie kinders het aan die polisie uitgewys waar hy verdrink het, maar niks gesê van die voorafgaande stryery nie.

Teen die aand het duikers die liggaam gevind. Die nadoodse ondersoek het aangedui die oorsaak van dood was verdrinking. Die polisie het geen rede gehad om die seuntjies te verdink nie.

Maar vier dae later het die kinders self hul ouers vertel wat werklik gebeur het. Kleinkind se pa het op ’n polisieondersoek aangedring. ’n Tweede nadoodse ondersoek het aan die lig gebring daar was bloeding op Kleinkind se brein, ’n gebreekte adamsappel en kneusplekke aan sy gesig.

Hy het waarskynlik nog gelewe toe hy in die water gegooi is, want daar was water in sy longe.

Al drie Kleinkind se aanvallers was jonger as 10.

Net 7, 8 en 9 jaar oud.

Kinders wat moor

Подняться наверх