Читать книгу Driveway Divatjie - Annalise Wiid - Страница 20

Оглавление

Vergeet-my-nietjie


VERGEET-MY-NIETJIE


Diep, diep in die Rhodopi lê ’n blommedorp

waar klein blou vergeet-my-nietjies verbrysel word.

Die geur van gekneusde blare

styg op, óp, hoog bo die son,

van waar groei en genade in goue strale kom

en in my skoot kom val.

En ek verwonder my

aan die broosheid en die banggeit

en die fyn volmaaktheid van ’n blom!

Daar’s baie kere al getrap op jou – ek sien die spore lê

En terwyl ek jou hier in my arms hou,

wil ek oor en oor weer vir jou sê:

Vergeet-my-nietjie, Vader God het jou onthou

en eintlik is dit Hy wat my arms om jou vou

En Hy wil hê jy moet weet

Hy verlustig Hom

in die vryheid en die blyheid

en die goue groeityd wat nou kom.

O, Hy verlustig Hom

in jou wat blinkblou blom!!!

© Annalise Wiid op haar CD Blou Kitaar

Driveway Divatjie

Подняться наверх