Читать книгу Driveway Divatjie - Annalise Wiid - Страница 8
ОглавлениеDriveway divatjie
DRIVEWAY DIVATJIE
Ek sien haar gereeld wanneer ek laatmiddag gaan stap: die alleendogtertjie. Sy speel altyd op haar eie. Nooit in die tuin, op die gras of tussen blomme nie. Altyd op die plaveisel van die oprit voor die motorhuis – waar dit hard en koud is. Partykeer praat sy met haarself. Eenkeer het ek haar hoor sing. Saggies.
Ek waai altyd vir haar wanneer ek verbyloop. Dan waai sy terug en glimlag. Maar ons het nog nooit gesels nie.
Verlede week loop ek weer daarlangs. Diep ingedagte en nogal ’n bietjie somber. Die dogtertjie lig my gemoed: Sy het haar opge-dress. ’n Groot swemhanddoek is om haar lyfie gedraai en hang tot by haar enkels soos ’n deftige balrok. Sy het nog ’n handdoek, ’n kleiner ene, oor haar skouertjies drapeer soos die duurste denkbare pelsstola. Haar kaal voetjies trap elegante passies op die harde plaveisel asof sy strelende dansmusiek hoor.
Ek gaan staan. Dit maak haar skaam. “You look breathtakingly beautiful!” komplimenteer ek. Sy giggel. “Sing me a song?” vra ek. Dit lyk of sy wil, maar nie kan besluit wat om te sing nie. Alles reg, sê ek, sy kan solank dink terwyl ek verder stap en wanneer ek terugkom, sal ek graag luister.
Met die terugstap sien ek haar al van ver af straataf loer om te sien of ek al aankom. Met kwalik bedekte opwinding vra sy: “Would you like me to sing in Xhosa or in English?” “I really don’t mind,” sê ek, “as long as you sing me a song from your heart.” En toe, in ’n sagte, bedeesde stemmetjie en effens onvas op die note, sing sy vir my “Siya Hamba” se woorde: “We are walking in the light of God.” Die harde, koue oprit word ’n warm verhoog in lig gebaai. Ek word haar meegevoerde gehoor. Nee, ek word meer as dit, ek word haar sypaadjiesangmaat! Ek val in en sing uit volle bors saam, want wat sy nie weet nie, is dat dié liedjie al baie jare ’n ekstra spesiale plek in my hart het. Ek het dit as ’n student dikwels saam met een van my dierbaarste vriende gesing.
Op daardie selfde dag, aan die ander kant van die aardbol, breek sy hart oor sy klein seuntjie by wie outisme en epilepsie gediagnoseer is. Omdat ek nie trooswoorde het nie, skryf ek vir hom ’n e-pos oor die dogtertjie met die sagte stem, die driveway divatjie in die handdoeke. Ek vertel hom hoe ek toe sy klaar gesing het, vir haar gesê het: “Baie, baie dankie. Jy het my hart diep ontroer!” En hoe verbaas haar ogies toe geblink het.
Hy skryf terug: “How lovely is that: One little girl did something that touched your heart and in that moment stirred in you 25 or more years of faith and now is touching another soul in the USA. How could one small girl even fathom the impact of what the Lord could do by her singing a song to a passerby? All she could see, was how you smiled when she sang.
“Then I wonder how we could fathom the depths of what the Lord can do to this world through us. All we can see, is that one passerby. We don’t see what flashed in their heart when they were taken back to a moment in time when the Lord touched them many, many years ago and just now reminded them of that holy moment by what we did, gave, said or sang.
“I love you, dear. You are amazing. Keep blessing little girls in towel dresses and everybody else that you meet …”