Читать книгу 'n Luiperd in my bed - Annelize Slabbert - Страница 12

❧ Brandewyn-koeksisters

Оглавление

KOESISTERS het in die volksmond “koeksisters” geword, soms selfs “koeksusters”. Maar in werklikheid is die oorsprong van hierdie Maleise lekkerny glad nie “koek” nie en ook nie­mand se “suster” nie. Die oorspronklike naam was net “koesisters”, die Maleise woord vir brooddeegvlegsels wat in diep ­olie gebraai en daarna in yskoue suikerstroop gedompel word.

Bestanddele

(Genoeg vir 4 tot 6 mense)

2 teelepels suiker

sout

200 g meelblom

5 g suurdeeg

125 ml lou water

2 teelepels olie

Metode

Meng die suiker, sout en meelblom. Voeg die suurdeeg en water by en knie vir 10 minute. Voeg olie by en knie nog 3 minute. Rol deeg uit in reghoekie-vorms en maak twee insnysels in elke reghoekie om die deeg te kan vleg.

STROOP

Bestanddele

4 koppies suiker

1 suurlemoen se sap en skil, gerasper

1 eetlepel fyn gemmer

3 kaneelstokkies

1 teelepel fyn kaneel

2 teelepels kremetart

1½ koppie brandewyn

Kook saam tot dik genoeg om die agterkant van ’n lepel te bedek. Laat 24 uur in die yskas afkoel.

Braai die koeksisters in diep olie en doop dadelik in die yskoue stroop. Hou die stroop deurentyd koud.

'n Luiperd in my bed

Подняться наверх