Читать книгу 'n Luiperd in my bed - Annelize Slabbert - Страница 6

❧ Beet-en-kaas-koek

Оглавление

BEET is een van die groente wat in Botswana gekweek kan word, al proe dit soms erg sout weens die brakwater. Beet het nuwe aansien as ’n “ontwerpersgroente” gekry, veral danksy die gewilde rooi fluweelkoek wat deur soveel sjiek koffie­winkels voorgesit word. Hierdie is ’n sout-weergawe en verskyn as voorgereg op ons spyskaart.

Bestanddele

(Genoeg vir 4 tot 6 mense)

1 koppie beet, liggies gestoom en gerasper

2 houers (230 g elk) roomkaas

1 knoffelhuisie, fyngekap

1 lemoen se sap en skil, gerasper

sout en gemaalde swart­peper na smaak

2 eiers, geklits

¼ koppie kruisement, gekap

¼ koppie pietersielie, gekap

2 teelepels tiemie

¼ koppie fetakaas, gekrummel

voorafbereide broskors­deeg

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Verpulp die beet, roomkaas, knoffel, lemoensap, sout en peper.

Vou die geklitste eier, kruie, feta, en lemoenskil daarby in.

Voer individuele tertbakkies met die broskorsdeeg uit en bak blind vir 10 tot 15 minute.

Laat die doppies effe afkoel.

Drup die roomkaasmengsel in die doppies en bak vir 30 tot 40 minute.

Skakel die oond af en los die warm pan met tertjies nog 10 minute in die oond om heeltemal te stol voor dit uitgehaal word om af te koel.

Hou in die yskas tot die tertjies voorgesit word.

'n Luiperd in my bed

Подняться наверх