Читать книгу 'n Luiperd in my bed - Annelize Slabbert - Страница 18

❧ Teetyd-tertjies

Оглавление

DIÉ smaaklike tertjies gee nie net met teetyd plesier nie, maar is ook heerlik saam met ’n groenslaai vir ’n ligte middagete of as voorgereg.

DEEG

Bestanddele

(Genoeg vir 4 tot 6 mense)

100 g harde botter

175 g meelblom

2 teelepels fyngekapte pekanneute

sout en peper

¼ teelepel neutmuskaat

1 teelepel vars of gedroogde roosmaryn

1 eiergeel

Metode

Verhit oond tot 180 °C.

Krummel die botter in die meel, neute, sout, peper, neut­muskaat en roosmaryn. Sodra deeg begin vorm, voeg die eiergeel by en bewerk die deeg totdat dit mooi deurgemeng is en ’n balletjie vorm.

Bedek met kleefplasiek en laat staan vir 10 minute voor dit uitgerol word in een groot of 12 klein gesmeerde tertbakkies. Druk gaatjies in deeg met ’n vurk.

Laat staan die deeg in die tertbakkies in die yskas vir 10 minute.

Sit waspapier oor die deeg en vul dop met droëbone (blind bak). Bak in oond vir 10 minute. Haal uit en laat effe afkoel.

VULSEL

Bestanddele

1 koppie blomkool

1 prei, gekap

½ eetlepel olyfolie

1 teelepel knoffel

sout en peper

½ koppie geblikte mielies

2 eetlepels gekerfde biltong

1 (± 90 g) bloukaas

¼ koppie gekapte sprietuie

300 ml vars room

3 eiers

2 eiergele

sout en peper

Metode

Rooster blomkool met prei, olyfolie, knoffel, sout en peper in die oond teen 180 °C vir 15 minute. Haal uit en laat afkoel.

Meng die geroosterde blomkoolmengsel met die mielies en biltong en gekrummelde bloukaas in ’n mengbak.

Klop die gekapte sprietuie, room, eiers en eiergele goed saam in ’n ander bak en geur met sout en peper.

MARMELADE

Bestanddele

½ eetlepel olyfolie

½ koppie fyngekapte songedroogde tamaties

½ eetlepel fyn kaneel

2 ansjovisfilette

2 eetlepels wit balsamiese asyn

1 eetlepel suiker

Metode

Verwarm die olyfolie in ’n pan en soteer die songedroogde tamaties saam met die kaneel en 2 fyngekapte ansjovisfilette vir 3 minute.

Voeg die asyn en suiker by en laat vir 10 minute afkook op matige hitte of tot dit stroperig is en die asyn so te sê weggekook het.

Samestelling

Skep die marmelade in die tertkors gevolg deur die blomkool­mengsel en dan die eiermengsel. Gee kans vir eiermeng­sel om regdeur te loop.

Bak tert of tertjies vir 30 tot 40 minute teen 180 °C. (Indivi­duele tertjies is vinniger gaar.)

'n Luiperd in my bed

Подняться наверх