Читать книгу 'n Luiperd in my bed - Annelize Slabbert - Страница 16

❧ Koedoe-filet met eierpasta en sampioene

Оглавление

HIERDIE filet het ’n Oosterse smakie.

FILET

Bestanddele

(Genoeg vir 4 mense)

1 koedoe-filet, in medaljons gesny, 1,5 cm dik

Marinade

½ koppie ligte sojasous

½ rooi brandrissie, sonder die saadjies

2 eetlepels vissous

1 teelepel wonderpeper (“Allspice”)

1 eetlepel gerasperde vars knoffel

1 eetlepel fyn gemmer

¼ koppie heuning

½ koppie nartjie- of lemoensap

Metode

Meng die bestanddele vir die marinade en laat die filet vir minstens 12 uur daarin lê. Braai tot gaar na smaak.

EIERPASTA

Bestanddele

2 ℓ water

500 g basiese eierpasta, vars gemaak of droë

2 suurlemoene se sap en skil, gerasper

1 koppie vars koljander, fyngekap

1 teelepel knoffel

2 eetlepels olyfolie

1 teelepel botter

1 sitroengrasstingel (“lemon grass”), fyngekap

2 eetlepels vleisaftrekselpoeier

1 teelepel fyn koljander

1 blik (400 g) klappermelk

sout en peper

Metode

Kook 2 ℓ water, voeg genoeg sout by en dan die eierpasta. Kook vir 5 minute indien dit vars pasta is of tot al dente.

Meng suurlemoenskil en -sap goed met vars koljander, knoffel en olyfolie in ’n voedselverwerker. Roer deur warm pasta.

Smelt botter in ’n kastrol en soteer fyngekapte sitroengras saam met die vleisaftrekselpoeier vir 5 minute.

Voeg die klappermelk en die fyn koljander by en laat prut en afkook tot helfte van vloeistof weggekook het. Geur met sout en peper.

SAMPIOENE

Bestanddele

1 eetlepel botter

1 knoffelui

¼ koppie kasjoeneute en amandels, fyngekap en gerooster

300 g eksotiese sampioene, heel

1 teelepel ligte sojasous

60 g fyngesnyde rooikool

Metode

Smelt botter in ’n kastrol en soteer die knoffelui saam met die geroosterde neute vir 3 minute.

Voeg die heel eksotiese sampioene, sojasous en kool by en roerbraai vir nog so 5 minute.

Sit voor deur eierpasta in ’n diepbord te skep met ’n bietjie van die klappermelksous. Plaas een medaljon koedoefilet bo-op en laastens die sampioene.

'n Luiperd in my bed

Подняться наверх