Читать книгу Eerste gedigte - Antjie Krog - Страница 11

BUITE NINEVÉ

Оглавление

Êrens vlakby Ninevé staan ’n boompie:

’n klein boompie met aparte wit dorings

met ’n klein Europa

in sy Afrika.

Dié wat in jou koelte sit, sing nie vir jou nie,

dié wat jou sade pluk, gee jou nie water nie

en dié in Ninevé juig oor die wurm teen jou stam.

Hulle juig oor die sekel-oë,

hulle juig oor die pote wat aanhou loop

aanhou, aanhou loop.

Ék sal vir jou liedjies maak, my boompie

ek sal vir jou bid,

want waar ek snags ook al slaap

ek bly jóu doring

ek bly wit.

Eerste gedigte

Подняться наверх